Friday, September 15, 2006

Afrikaans roep vir bid vir die regering

‘Defend Marriage’ roep Christene op om die volgende twee weke lank, tot 24 September 2006, vir ons regering te bid om homoseksuele huwelike te voorkom.

· Hoe wil jy hê Christene moet oor die volgende twee weke bid?

Sit asseblief ‘n tydjie elke dag, tot die 24ste September, opsy om vir parlementslede te bid. Elke persoon kan self besluit hoeveel tyd om opsy te sit.

· Waarom is dit so belangrik om op die oomblik vir die parlement te bid?

Op hierdie oomblik staan ons by ‘n nuwe en kritiese kruispad in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Parlementêre besluite wat tydens die volgende twee weke oor homoseksuele huwelikke geneem word, sal die geestelike rigting van ons land in die langtermyn-toekoms beïnvloed. ‘n Paar onverkose regters is besig om respek vir die heiligheid van die huwelik te probeer vernietig deur voor te gee dat hulle perverse interpretasie van huwelik in die Grondwet gesetel is. Die regering het hulle aanvanklik in die howe teengestaan, en is steeds onwillig om aan hul eise toe te gee. Maar nou, dank God, staan die meeste parlementslede die poging om homoseksuele huwelike te erken, ook teë. Nog nooit sedert die geboorte van die huidige demokrasie in 1994 was daar ooit ‘n skeuring in die parlement soos wat daar nou is nie. Ons het ‘n goeie kans om te wen, maar slegs indien pro- heteorseksuele huwelik parlementslede met waagmoed optree – op gevaar af van hul politieke loopbane – en nie net eenvoudig toegee aan die eise van die hof en regeringsleiers wat hul eie agenda probeer implementeer nie.

In 1996 en 2004, in die aborsiedebat, is parlementslede gedwing om ten gunste van aborsie te stem, of buite stemming te bly. Voorstanders van homoseksuele huwelike hoop om hierdie kwessie op dieselfde manier te hanteer. Wat ons hier sien is nie net ‘n toets van homoseksuele huwelike nie, dit is ‘n toets van ons demokrasie en ‘n toets van ons leiers se gehoorsaamheid óf aan God óf aan mense. Terselfdertyd word ‘n privaatlid se wetsontwerp aan die parlement voorgelê om die grondwet te verander. Nog nooit vantevore is so iets probeer nie.

In die politieke invloedwerwing wat ek doen, vind ek dat die meeste regeringsleiers teen homoseksuele huwelike gekant is, maar deur die hof en ander daartoe gedwing word. Daarom moet ons veral vir hulle bid vir ‘n gewete en vir moed. Terwyl ek in hierdie invloedsgroep werk, ervaar ek dikwels enorme geestelike teëstand wat slegs verdwyn wanneer mense bid.

Die meeste van ons is geneig om ons gebede selfgesentreerd en op ‘n klein skaal te hou, maar om vir heersers te bid is ‘n opdrag aan alle Christene (1 Timoteus 2:1-2). As die regering swak besluite neem, moet ons onsself vra of ons ons plig gedoen het deur vir hulle te bid.

· Vir wie moet ons bid?

1. Binnelandse Sake Minister, Nosiviwe Mapisa-Nqakula om planne om homoseksuele huwelike te wettig, te laat vaar.
2. Justisie Minister, Brigitte Mabandla om ‘n grondwetlike wysiging te steun.
3. President Thabo Mbeki, wat regeringsbeleid beïnvloed en enige wetsontwerp wat in die wet ingebou word, moet onderteken.
4. Steve Swart, LP wat probeer om ‘n privaatlid se wetsontwerp in te bring wat die grondwet sal wysig.
5. The African Traditionalist invloedsgroep in die regering vir die krag om homoseksuele huwelike teë te staan.
6. Parlementslede van alle politieke partye – veral Christene. Bid vir die ACDP, ANC, APO, DA, FF+, ID, IFP, MF, PAC en UCDP. Prys God vir dié wat reeds hul menings gelug het.
7. Pro-huwelik-invloedsgroepe, waaronder myself, vir eenheid, krag en God se hulp om die proses te beïnvloed.

· Waarvoor moet ons bid?

8. Vir die hulpbronne wat nodig is om hierdie stryd te stry en te wen.
9. Dat God ons nasie en kerk, wat die sondigheid van die homoseksuele agenda verdra en nie teenstaan nie, sal vergewe.
10. Dat Christenbedienings nie sal kompromeer met homoseksuele huwelike en die homoseksuele agenda nie.
11. Vir verwarring, probleme en wanorde binne die seksuele revolusionêre groepe wat die wettiging van homoseksuele huwelike voorstaan.
12. Die Grondwetlike Hof – vir ‘n verlenging van tyd en ‘n omkeer van hul besluit.
13. Vir die media vir positiewe dekking van die pro-heteroseksuele huweliksposisie.
14. Vir ‘n Grondwetlike wysiging om die definisie van die huwelik te beskerm.

· Waar kan mense meer inligting oor hierdie aangeleentheid kry?
www.defendmarriage.co.za

No comments: